Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ouers se besonderhede nou in kinders se paspoorte

Die tyd toe Suid-Afrikaanse ouers wat met hul kinders na die buiteland wil reis, moes swoeg om eers hul kinders se geboortesertifikate op te spoor, is verby.

Die departement van binnelandse sake sê hy is besig om sy stelsel so te verander dat die inligting van die kinders se ouers in die kinders se paspoorte aangebring kan word.

Die departement beskou dit luidens ’n verklaring as ’n belangrike mylpaal.

Die verandering is op versoek van die kabinet aangebring om dit vir ouers makliker te maak om te reis.

Buitelandse reisigers wat na Suid-Afrika kom, sal egter steeds hul kinders se geboortesertifikate by hulle moet hê.

Die departement het bevestig hy het die internasionale beheerliggaam wat paspoorte beheer, versoek dat dit internasionaal die gebruik word dat die ouers se besonderhede in kinders se paspoorte aangebring word.

Toe dié voorwaarde ’n paar jaar gelede ingestel is (onder meer om kinders te beskerm), het dit gelei tot talle kansellasies van toeriste wat Suid-Afrika wou besoek.

Skriftelike toestemming van Suid-Afrikaanse ouers sal steeds verlang word indien ’n kind sonder sy of haar ouers na die buiteland reis.

Die departement het verlede Vrydag reeds sy stelsel in Gauteng bygewerk.

Dit sal Maandag (16 Julie) en Dinsdag (17 Julie) in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal en by deelnemende banke in werking gestel word, en op Woensdag (18 Julie) en Donderdag (19 Julie) in Limpopo, Noordwes en die Oos-Kaap en Vrydag (20 Julie) in Mpumalanga, die Vrystaat en die Noord-Kaap.

Die departement waarsku egter dat die aansoeke om paspoorte en identiteitskaarte in die meeste van sy 184 kantore landwyd geraak sal word. Dit is nie die geval met die departement se groter kantore nie.

Alle geboorte-, dood- en huweliksertifikate sal in die toekoms elektronies bewaar word. Dit sal dan in die toekoms makliker bekombaar wees, sê die departement.

Meer oor:  Ouers  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.