Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ouers sluit kinders in warm motor toe, doen inkopies

Paramedici moes Saterdagmiddag twee jong kinders uit ’n warm gebakte motor voor ’n winkelsentrum in Welkom red nadat hul ouers hulle glo in die motor toegesluit en gaan inkopies doen het.

Paramedici en die polisie Saterdagmiddag op die toneel by ’n winkelsentrum in Welkom waar twee jong kinders uit hul ouers se motor gered moes word. Foto: Facebook/1Life911

Die twee kinders, ’n seun van drie jaar oud en ’n vierjarige meisie, was sowat twee uur lank in die motor voordat hulle deur paramedici en die polisie gered is.

Lazarus Moshou, woordvoerder van die 1Life911-nooddiens in Welkom, sê hulle het omstreeks 14:00 ’n oproep van die publiek gekry oor kinders wat voor ’n winkelsentrum in ’n motor toegesluit is.

Die kinders was toe reeds sowat twee uur lank in die motor toegesluit.

“Die kinders was in skok en op die punt van dehidrasie toe ons opgedaag het. Hulle het erg gesweet en was uitgeput.

“Die motor het ruite wat jy met die hand kan afdraai en die meisie kon dit oopmaak, waarna ons die kinders uit die motor kon kry. Ons het hulle behandel en na die hospitaal geneem,” sê Moshou.

Volgens hom het die kinders ook berading gekry.

Die kinders se ouers het by die motor aangekom terwyl die nooddienste en die polisie op die toneel met die kinders besig was.

Die polisie het die ouers na die polisiekantoor geneem.

Moshou sê sowat twee weke gelede moes hulle ook ’n kind uit ’n gesluite motor voor ’n winkelsentrum in Welkom haal.

Volgens die polisie is ’n saak nog nie aanhangig gemaak nie.

Meer oor:  Welkom  |  Berading  |  Inkopies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.