Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ouers van slagoffers in brugtragedie dagvaar departement

Die ouers van talle beseerde leerlinge en vermoedelik ook dié van leerlinge wat in die loopbrug-tragedie by die Hoërskool Driehoek gesterf het, dagvaar die departement van onderwys in Gauteng.

Die blok beton het op die leerlinge geval toe hulle ná die saalopening op pad na hul klaskamers was. Foto: Twitter/@Slindelo_M’s

Byna 30 kinders is op 1 Februarie ernstig beseer en vier het gesterf nadat die loopbrug by die skool ingeval het terwyl kinders bo-op en onder die brug op pad na hul klaskamers was.

Panyaza Lesufi, LUR van die department, en die bestuurder van Arcelor Mittal in Vanderbijlpark, wat die brug gefinansier het, het Dinsdag die nuwe loopbrug geopen.

Hoewel Lesufi ná die tyd aan Netwerk24 gesê het dat die departement nie nou oor die regstappe wil uitwei nie, het hy wél bevestig dat eise vir skade weens langtermyn- mediese kostes, trauma en ook lewensverlies teen die departement ingestel is.

Hy het nie 'n bedrag genoem nie.

"Ons hoop nog om te onderhandel en wil die eise nie teenstaan nie, maar as die onderhandelings nie suksesvol is nie, sal ons die pad van die hof moet stap," het Lesufi gesê.

Hy het gesê die departement het reeds die mediese kostes van talle leerlinge betaal en onderneem om dit vol te hou.

"Dit is nie vir ons 'n probleem nie. Wat ook al betaal sal word, sal betaal word."

Netwerk24 se vraag aan Lesufi het gevolg op inligting dat ouers intussen prokureursbriewe vir agterstallige rekeninge ontvang het.

Lesufi raai dié ouers aan om in verbinding te tree met die skool, wat op sy beurt met die departement sal skakel. 

Meer volg.

driehoek
Dié verslae dui die hele skoolgebou is nou veilig verklaar.
driehoek
Dié verslae dui die hele skoolgebou is nou veilig verklaar.
driehoek
Dié verslae dui die hele skoolgebou is nou veilig verklaar.

Meer oor:  Hoërskool Driehoek  |  Brugtragedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.