Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ouers verdrink toe pa met motor met 4 by Valsrivier injaag
Die wit Toyota Corolla-motor word uit die Valsrivier gehaal nadat twee volwasse lede van ’n gesin verdrink en die twee kinders die selfdood-familiemoord kon vryspring. Foto: Verskaf

’n Pa en ma het albei verdrink terwyl hul twee kinders van onderskeidelik 9 en 17 jaar oud hulself kon red in ’n vermoedelike familieselfmoordpoging in Kroonstad. Die motor met vier insittendes het Vrydagmiddag in die Valsrivier by dié dorp beland.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die Vrystaatse polisie, sê ’n nadoodse ondersoek word gedoen en sake van moord en poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

Sy sê by navraag ’n polisievoertuig is Vrydag om 17:28 deur lede van die gemeenskap by die Dakota-vulstasie voorgekeer en inligting is aan die polisie gegee dat ’n wit Toyota Corolla-motor by Kroonpark onder die Valsrivier-brug staan en dat ’n man met ’n vrou aan die baklei is.

Die polisie het bevind dat ’n 42-jarige man van Maokeng met die motor in die rivier gery het.

Daar word beweer dat nadat die pa die brugmuur getref het en die motor in die rivier tot stilstand gekom het, hy uit die motor geklim en die ma die rivier in getrek het, waar albei verdrink het.

In die motor was sy 36-jarige vrou en twee kinders, ’n meisie van 17 jaar en negejarige seun.

“Daar word beweer dat nadat die pa die brugmuur getref het en die motor in die rivier tot stilstand gekom het, hy uit die motor geklim en die ma die rivier in getrek het, waar albei verdrink het,” sê Mbambo.

Mbambo sê die kinders kon daarin slaag om hulself uit die motor te bevry en het hulp gaan soek by ’n man wat daar naby was.

Mbambo sê ’n voorlopige ondersoek wys dat die man homself en sy gesin wou uitwis.

Sy sê die lyke van die ouerpaar was nie in die motor nie en kon onmiddellik uit die water gehaal word. Die motor kon ook maklik uit die water gehaal word.

Meer oor:  Kroonstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.