Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
O(u)like seeperdjie behandel
Dié olike Knysna-seeperdjie is deur ’n veearts behandel. Foto: VERSKAF

’n Ongewone pasiëntjie is vandeesweek deur ’n veearts op Knysna behandel.

Die veearts se hulp is ingeroep nadat ’n seeperdjie by Sanparke se kantoor op Knysna olik gelyk het.

Luidens inligting op die Facebookblad van die Knysna-veeartsenykliniek het die seeperdjie aan onderhuidse emfiseem gely, wat behels dat lugsakkies onder die vel van sy stert vasgevang is.

Hy is na ’n aparte tenk verskuif waar hy met medisinale water behandel word. Dit is ’n individuele probleem en die ander seeperdjies sal nie dieselfde toestand ontwikkel nie.

Die Knysna-seeperdjie (Hippocampus capensis) kom hoofsaaklik in die Knysna-strandmeer voor. Dié sspesie is die enigste ter wêreld wat net in riviermondings voorkom.

Hul beperkte verspreiding maak hulle die mees bedreigde seeperdjies ter wêreld.

Hul beperkte verspreiding maak hulle die mees bedreigde seeperdjies ter wêreld.

’n Klein aantal van die seeperdjies kom ook in die Keurboomsrivier in Plettenbergbaai en Swartvlei naby Sedgefield voor.

Hippocampus capensis is die eerste seeperdjie wat op die Wêreldbewaringsunie (IUCN) se rooidatalys as bedreig geklassifiseer is.

Seeperdjies is volwaardige visse – hulle haal deur kiewe asem en swem met vinne.

* Verlede jaar in April is ’n klomp dooie Knysna-seeperdjies in ’n vangnet in die Knysna-strandmeer gevind. Volgens Sanparke is dit onwettig om seeperdjies uit hul habitat te verwyder. Mense wat met seeperdjies in hul besit betrap word, kan vervolg word en tronkstraf kry

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.