Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ouma, 2 dogters en 3 kleinkinders sterf in brand

’n Brand in Hexpark, Worcester, in die Wes-Kaap het Sondag ’n ma, twee van haar dogters en drie van haar kleinkinders geëis.

Elizabeth Booysen (47)

Marisca Mahmud (29) (néé Booysen), sê haar ma, Elizabeth Booysen (47), en haar susters Danielle (26) en Jamie-Lee (12) is in die brand dood, asook Danielle se twee kinders Delmain (7) en Germain (2).

Mahmud se ander suster, Sunelle (18), kon uit die vlamme ontsnap, maar haar dogter Suné (een jaar en vier maande) kon nie gered word nie.

Volgens Mahmud het al die Booysens saam in dieselfde huis in Alphastraat in Hexpark gewoon.

Kapt. Lindikhaya Mkhontwana, polisiewoordvoerder, sê die polisie is omstreeks 00:30 na die toneel ontbied.

“Die hut het heeltemal afgebrand,” sê hy in ’n verklaring.

Mahmud sê Sunelle is nog getraumatiseer deur die voorval en kan nie eintlik veel onthou van hoe sy uit die huis gekom het nie.

“Ons weet ook nie hoe die brand begin het nie. Daar was nie kerse in die huis nie,” sê sy.

Volgens Mahmud het Sunelle brandwonde op haar gesig en elders op haar lyf.

Nadat sy uit die huis ontsnap het, het sy by bure hulp gaan soek wat die nooddienste geskakel het.

Danielle Booysen (26)
Jamie-Lee Booysen (12)

Mahmud bly om die draai van haar ma en susters en vriende het haar kom wakker maak om die nuus van die brand oor te dra.

Sy sê haar ma, ’n huisvrou, was haar steunpilaar.

“Sy was ’n mense-mens. Sy was baie lief en dierbaar en het baie omgegee en ander gehelp. Sy het so baie vir my gedoen,” sê Mahmud.

“Sy was welbekend in Hexpark en was ’n wonderlike ma . . . Ek kon nie vir beter vra nie.”

Mahmud sê haar jonger suster, Danielle, wat by ’n wassery gewerk het, was ontsettend lief daarvoor om foto’s te neem.

“Sy was ook bitter lief vir haar kinders en sou enigiets vir hulle doen.”

Sunelle is erg getraumatiseer en is so geskok dat sy skaars praat, sê Mahmud.

“Dit is baie moeilik vir haar.”

Mahmud sê sy self kan dit nog steeds nie glo nie.

“Ek het so baie seer,” sê sy hartseer.

Sy sê haar ma, susters en susterskinders word almal Saterdag saam uit die Ou Apostoliese kerk in Alisterweg in Hexpark begrawe.

Delmain Booysen (7)
Germain Booysen (2)
Suné Booysen (1)

Meer oor:  Worcester  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.