Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ouma bid vir 'n wonderwerk

Haar gebed is dat haar kleinkind ’n lewende wonderwerk is vir die wêreld om te sien wat God kan doen.

So het Twané Fyver Dinsdag gesê enkele ure voordat klein Elsuné (14 maande), haar kleindogter, se breinoperasie sou begin om ’n breingewas so groot soos ’n gholfbal te verwyder.

Dié lewensveranderende operasie in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein kan na verwagting tussen 12 en 15 uur duur.

Volgens Fyfer het die eens besige Elsuné net slap geword en kon sy nie meer kruip, loop of eet nie.

Elsuné Fyver (14 maande). Foto: Verskaf

“ ’n Harde pad lê voor. Ons weet nie wat die uitkoms is nie. Haar mamma en pappa, Minette en Daniel, is vreesbevange.”

Fyver sê haar kleindogter is op 1 September weens braking en dehidrasie in die hospitaal opgeneem en ná sowat vier dae ontslaan.

“By die huis het haar toestand versleg en kon sy nie meer loop, kruip of eet nie.”

Sy het op 10 September ’n skandering ondergaan waarin die lewensgevaarlike breingewas opgemerk is. Haar ouers is meegedeel dat sy ’n gewas so groot soos ’n gholfbal aan die agterkant van die kleinbrein het en dat sy so gou as moontlik ’n breinoperasie moet ondergaan.

Minette het minute voor die operasie op Facebook gevra dat die Here Elsuné gesond sal maak.

“Here, ek plaas Elsuné in U hande, dit is net U wat haar gesond kan maak. Here, ek vra asseblief dat Elsuné ten volle genees. Here, gee ook asseblief vir my en Daniel die krag om alles aan te pak wat na ons kant toe kom.”

Elsuné word omstreeks 17:00 deur twee neuroloë geopereer. Haar ouma vra dat almal vir dié dogtertjie se genesing sal bid.

Meer oor:  Twané Fyver  |  Elsuné  |  Breinoperasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.