Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ouma vind kleinkind se verlore trouring in sneeu

’n Trouring wat verlede week by die Matroosberg naby Ceres in die sneeu verlore geraak het, is danksy die eienaar se oplettende ouma teruggevind.

Die sneeubedekte Matroosberg-gebied. Dit is hier waar Esmarie Visagie verlede week haar trouring verloor het. Foto: Verskaf

Esmarie Visagie van die Kaapse Wynland sê hulle het Woensdag gaan sneeu kyk toe sy haar trouring verloor het.

“Ek was baie ontsteld. Die ring het groot sentimentele waarde omdat ’n deel daarvan van my ouma se ring af kom. ’n Ander ring sou net nie dieselfde wees nie.”

Volgens haar het sy haar ring verloor toe sy in die sneeu op die Bo-Swaarmoed-pad was. “Ons het orals gesoek, maar kon dit nie kry nie.”

Ten einde raad het Visagie op die Facebook-groep Outdoor Cape Town Hiking Club hulp gevra om die ring op te spoor, maar sonder enige sukses.

Visagie en haar man, GJ Visagie, het op Dinsdag 20 Julie “vir die hoeveelste keer” weer in die gebied na die ring gaan soek. Die keer was haar ouma Rachel Dunn (78) by. “My ouma was vas oortuig dat sy die ring gaan opspoor,” sê sy.

Hulle het die gebied met metaalverklikkers gefynkam. Dit was nie lank nie, toe roep haar ouma uit: “Hou jou hand!” Sy het die ring weer aan Visagie se vinger gesteek.

“My ouma het in trane uitgebars toe sy ring kry,” sê Visagie.

Volgens haar het haar ouma se metaalverklikker gepiep en toe sy die modder met haar skoen roer, het die ring daar gelê.

“Ons kon dit nie glo nie,” se sy. “Dit is ’n wonderwerk van die Here af, juis omdat dit my ouma is wat dit uiteindelik gevind het. Ons is regtig dankbaar.”

Meer oor:  Esmarie Visagie  |  Matroosberg  |  Ceres  |  Verlore Trouring  |  Ouma  |  Trouring  |  Kleinkind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.