Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oupa help Zanélle om te wen
Zanélle Swanepoel

Zanélle Swanepoel van Hazel­dean, Pretoria-Oos, is die Fe­bruarie-wenner in Beeld se Baba van die Jaar 2017-kompetisie.

Zanélle is op 22 September in die Life Wilgers-hospitaal gebore en is Ruzélle en Rosendo se eersteling.

Sy is ook die eerste kleinkind in die familie en dit was juis oupa Rudi de Wet, Ruzélle se pa, wat ruim bygedra het om stemme bymekaar te kry.

Van Zanélle se geboorte onthou Rosendo daardie oomblik wat sy sy hand gevat het en hoe verras hy was oor hoe sterk haar greep was. Haar haredos was ook ’n groot verrassing, sê Ruzélle.

“Zanélle is ’n rustige kind en word altyd met ’n glimlag wakker. Ons droom vir Zanélle is dat sy die Here sal leer ken.”

Zanélle wen:

  • ’n Eennag-wegbreek vir haar en nog twee mense, ontbyt ingesluit, van R4 000 in ’n uitgesoekte oord van die Legends Hospitality-groep;
  • ’n Vakansie ter waarde van R3 500 in enige plaaslike For­ever Resorts-oord;
  • ’n Geskenkbewys van Prima Toys;
  • ’n Geskenkpak met Afrikaanse boeke van Penguin Random House;
  • ’n Geskenkbewys van Bata;
  • ’n Geskenkpak van 4aKid; en
  • ’n Gasverskyning deur Ollie die Nar op sy of haar verjaardagpartytjie.

Wil jy jou baba inskryf? Deelnemers moet jonger as 12 maande wees. Stuur e-pos na ­babas@beeld.com.

Meer oor:  Beeld  |  Pretoria-Oos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.