Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Oupa se lyk aan boom gekry ná bewerings oor verkragting

Die polisie van Ventersburg in die Vrystaat het ’n geregtelike doodsondersoek begin nadat die lyk van ’n man wat na bewering sy kleindogter verkrag het, gevind is waar dit aan ’n boom op ’n plaas hang.

Die 63-jarige man se lyk is Sondag omstreeks 18:00 aan ’n boom op die plaas Skoolplaas, buite Ventersburg, aangetref.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê die man se kleindogter (14) het die afgelope naweek ’n klag van verkragting teen hom aanhangig gemaak.

Die meisie beweer haar oupa, by wie sy in Baipehing in Ventersburg gebly het, het haar sedert Junie 2018 herhaaldelik verkrag. Sy sê ook sy het ná een van die verkragtings swanger geword, waarna haar oupa haar vir ’n aborsie geneem het.

Khosana sê die man se beweerde dade met sy kleindogter het die naweek bekend geword toe die familie ’n vergadering gehou het nadat hy die meisie verbaal aangeval het.

“Die oupa het verdwyn toe hy hoor die voorval gaan by die polisie aangemeld word. Sy lyk is Sondag gevind waar dit aan ’n boom hang,” sê Khosana.

“Ons kan nog nie sê of hy sy eie lewe geneem het nie en sal ondersoek instel na hoe die lyk in die boom gekom het.”

Meer oor:  Ventersburg  |  Vrystaat  |  Lyk Gevind  |  Misdaad  |  Boom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.