Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Outa, WSSA moet minister se toespraak wéér lees

Die departement van water en sanitasie sê hy dra kennis van die beroep wat deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en Water Shortage South Africa (WSSA) gemaak word vir die totstandkoming van ’n onafhanklike nasionale waterreguleerder.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, sê hulle versoek Outa en WSSA om Gugile Nkwinti, minister van water en sanitasie, se begrotingstoespraak van 22 Mei in die parlement na te gaan.

Ratau sê Nkwinti het as deel van sy vyf-punt-omkeerstrategie aangekondig dat hy ’n nasionale reguleerder vir waterbronne en -dienste in die land tot stand wil bring.

“Dit is deel van werk wat voortgaan en met die samewerking van al die rolspelers in die watersektor sal dié visie realiseer,” sê Ratau.

Meer oor:  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.