Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Outistiese broers verdwyn terwyl hulle buite speel

Twee outistiese broers van Kaapstad word sedert Maandag vermis.

Dessie Rechner van die Pink Ladies-organisasie, wat help om vermiste mense op te spoor, sê die broers Sisa (15) en Takatsho Mangola (9) het Maandag omstreeks 15:00 in Brown Farm, Philippi, verdwyn, terwyl hulle buite gespeel het.

“Nie een van hulle kan praat nie. Hul ma het oral na hulle gesoek, maar sy kon hulle nie opspoor nie,” sê Rechner.

Sisa het ’n maroen hemp, donkerblou of lemmetjiegroen broek en swart skoene gedra, terwyl Takatsho ’n blou hemp met ’n wit-en-blou gestreepte slaapbroekie gedra het. Takatsho was kaalvoet.

Rechner het ’n beroep op die publiek gedoen om die Nyanga-polisiekantoor te kontak, indien hulle enige inligting oor die twee broers het.

Sisa (15) en Takatsho Mangola (9) het verdwyn terwyl hulle buite gespeel het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Kaapstad  |  Philippi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.