Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Outistiese seun kry rekenaar uit Koerdistan

’n Outistiese seun van 12 jaar van George wat lief is vir die busse van Go George en uit karton sy eie bushaltes maak en roetes uitwerk, het ’n rekenaar present gekry vir sy stokperdjie.

Divann Goliath se busskuiling met die gebreekte paneel van nader.

Charles van Niekerk, ’n inwoner van George wat tans op ’n olieboor in Koerdistan werk, het op Facebook gelees van Divann Goliath, ’n leerling aan die Carpe Diem-skool vir kinders met spesiale behoeftes.

Nadat berigte oor Divann se mees onlangse besoek aan Go George se kantore in die media verskyn het, was Van Niekerk so beïndruk met Divann se entoesiasme en ontwerp-vernuf dat hy vir Go George laat weet het dat hy graag vir die seun ’n tweedehandse rekenaar wil koop.

Go George sê in ’n verklaring hy het met Van Niekerk kontak gemaak en ná ’n paar dae die goeie nuus via ’n WhatsApp-boodskap uit Koerdistan ontvang:

“EFT vir Divann se laptop is gedoen – sluit ontwerp-program en flash drive in. Gereed vir oplaai.”

Dirk Conradie, ’n rekenaarkundige wat die skootrekenaar vir Divann opgespoor het, het aangebied om hom gratis lesse te gee, onder meer oor hoe om die ontwerp-program te gebruik. Conradie het ook die rekenaar vir Divann ingestel.

Volgens Go George het Divann in ’n japtrap sy nuwe rekenaar en sagteware baasgeraak.

Sy pa, David Goliath, het ’n tafel in sy seun se kamer geplaas vir die rekenaar sodat Divann ’n permanente werkplek kan hê. Daar, met Go George se tydroosters teen sy muur, is Divann nou behoorlik in sy element, volgens Go George.

Meer oor:  George  |  Busse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.