Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa dood, seun soek nadat boot in digte mis verdwaal

’n Groot familie van Doringbaai aan die Weskus is gebroke nadat ’n pa en seun Dinsdagaand gaan visvang en nie weer teruggekom het nie.

Theo Frisley (62) se lyk is Woensdagoggend tussen die rotse gekry, asook die boot waarin hy en sy seun, Terence Don (38), uitgegaan het om snoek te vang.

Die polisie en vrywilligers is steeds op soek na Don, wat soos sy pa ’n visserman is. Die vermoede is dat hul verdwaal het weens die digte mis wat in die gebied gehang het.

Theo Frisley (62, links bo), Terence Don (38, links onder) en hul vissersboot. Foto: Verskaf

Die soektog na die twee het Dinsdag om 17:00 begin toe die meeste bote vir veiligheid uit die water gekom het, maar hulle nêrens te vinde was nie, sê Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).

Ander vissers het Frisley en Don vroeër op die water gesien, maar hul familie het bekommerd geraak toe hulle nie ook uitgekom het nie. Hulle het nie ’n selfoon of navigasie-instrumente aan boord gehad nie.

Die vermoede is dat die boot omgeslaan het.

Hulle is laas gesien waar hulle noord beweeg het, sê Lambinon, en die NSRI van Lambertsbaai en Strandfontein het na hulle begin soek. 

“Die maritieme reddings­koördineringsentrum en Telkom se maritieme dienste is in kennis gesel, asook alle bote en skepe in die gebied. Almal is gevra om uit te kyk vir die twee, ondanks die digte mis.

“Gedurende die nag het die NSRI aangehou om die situasie te monitor. Seereddingshelikopters is ook ontbied vir hulp, asook bykomende lede van die NSRI in Langebaan en die polisie. Teen sonsopkoms het ’n lid van die gemeenskap die boot gesien waar dit uitgespoel het, en die polisie en plaaslike vissermanne het die pa se lyk noord van Doringbaai gevind wat tussen rotse uitgespoel het.”

Lambinon sê die soektog na Don gaan voort en die polisie is nou in beheer daarvan. 

’n Hartseer Anchen Frisley sê hul gesin is gebroke oor die dood van haar pa en sê hulle vermoed die ergste oor haar ouer broer. Frisley is die pa van sewe kinders, van wie ses saam met sy vrou, Patricia. Anchen is die oudste dogter van die egpaar en Don die oudste seun. 

* Die berig is aangepas nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Weskus  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.