Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa en 2 seuns sterf op N2 in Gqeberha

Twee kinders en hul pa is Maandagaand in ’n motorbotsing op die N2 in Gqeberha (Port Elizabeth) dood.

Die ma van die kinders het die botsing oorleef en is in ’n plaaslike kliniek vir ’n kniebesering behandel en later ontslaan.

Die motorwrak waarin ’n pa en sy twee kinders Maandagaand op die N2 in Gqeberha dood is. Foto: Verskaf

Volgens die polisie is ’n Volkswagen Polo omstreeks 20:45 op sy dak op die N2 tussen die Blouwaterbaai-afrit en Setlaarsbrug aangetref.

Die polisie ondersoek nog die oorsaak van die ongeluk, maar die aanvanklike ondersoek dui daarop dat die motor teen ’n reling gebots en daarna gerol en op die dak tot stilstand gekom het, sê kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder.

Iseanyi Stanley Mbah (42) en sy twee seuns, Uchena Clinton (6) en Chinedu (1), is op die toneel dood verklaar.

Na verneem word, woon die gesin in Motherwell en hulle was na Richmond Hill in die stad onderweg.

Beetge sê ’n saak van strafbare manslag word ondersoek.

Meer oor:  Gqeberha (Port Elizabeth)  |  Dood  |  Motorongeluk  |  Kinders  |  Pa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.