Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa en dogter tennistoernooie verbied

’n Nasionale skolespeler (16) is gediskwalifiseer van die Vrystaatse Super 8-tennistoernooi en gevolglik die Suid-Afrikaanse junior kampioenskap nadat sy en haar pa glo ’n skeidsregter verskeie kere op die baan beledig het.

Haar pa is ná die voorval ook voorlopig by enige wedstryde verbied.

Die Vrystaatse Super 8-tennistoernooi is die gebruiklike voorlopertoernooi van die jaarlikse Suid-Afrikaanse junior kam­pioenskap wat gister in Bloemfontein begin het.

Tennis Suid-Afrika (TSA) het dié voorval gedurende ’n wedstryd bevestig.

Weens die pa en sy dogter se beweerde optrede teen die stoelskeidsregter mag dié nasionale skolespeler nie meer in die Suid-Afrikaanse kampioenskap speel nie, en haar pa mag ook nie langs die bane wees nie.

In ’n kort verklaring sê TSA dat die speler en haar pa die skeidsregter gedurende die betrokke wedstryd glo verskeie kere verbale beledigings toegesnou het.

Die speler se afwesigheid het aan die lig gekom nadat navraag oor die keurlys vir die nasionale toernooi gedoen is.

Die beheerliggaam sê nadat hy die stoelskeidsregter, die wedstrydskeidsregter en die toernooibestuurder se wedstrydverslag in oënskou geneem het, is besluit om die speler te diskwalifiseer.

TSA sê die outomatiese skorsing weens dié diskwalifikasie, het ook daartoe gelei dat sy nie in die nasionale toernooi kan voortspeel nie. “Die betrokke ouer is ingelig dat hy hangende die uitslag van ’n tugverhoor nie toegelaat sal word om langs enige van die bane tydens die nasionale junior toernooi teenwoordig te wees nie.”

TSA se gedragskode wat verbale beledigings, onsportiewe gedrag, ouer-inmenging en uittartende gedrag betref, sal in die verhoor ter sprake wees.

TSA sal ná afloop daarvan ’n volledige verklaring uitreik.

* Die speler en haar pa se identiteit­ sal nie bekend gemaak word nie omdat sy minderjarig is.

Meer oor:  Skeidsregter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.