Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa en seun sterf in ongeluk op Sir Lowryspas

’n Tragiese ongeluk Maandagmiddag op ’n haarnaalddraai in Sir Lowryspas het die lewe van ’n pa en seun geëis.

Die ongelukstoneelFoto: Facebook

Die sakeman Sydney Juries (49) van Macassar naby Somerset-Wes en sy seun, Junain Lott (19), het in ’n trompop-botsing met ’n tweede motor gesterf.

’n Man wat in die tweede voertuig (’n wit Toyota) was, is lig beseer. ’n Vrou wat sy passasier was, is in ’n ernstige toestand in ’n hospitaal opgeneem, sê Maxine Bezuidenhoudt, woordvoerder vir die verkeersdiens.

Die polisie ondersoek tans ’n saak van strafbare manslag, sê Siyabulela Malo, ’n polisiewoordvoerder.

“Volgens inligting was die twee mans in die rigting van Macassar op pad toe hulle ’n vragmotor verbygesteek het,” sê Malo. Dit blyk dat hulle nie betyds in die linkerbaan kon terugkom nie, waarna die botsing gebeur het.

Junain het aan die Boland Kollege gestudeer en ’n kursus in administrasie gevolg.

Bernadine Isaacs skryf op Facebook dat sy bevoorreg was om Junain ’n kort tydjie te kon ken. “Jy sal gemis word by Boland Kollege in Strand. Jy was so ’n goed gemanierde, respekvolle jong man. My simpatie aan sy ma en uitgebreide familie,” skryf Isaacs.

’n WhatsApp-plasing met foto’s van Lott en Juries. Foto: Facebook
Die wit Toyota wat in die ongeluk betrokke was.Foto: Facebook
Meer oor:  Sir Lowryspas  |  Pa  |  Seun  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.