Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa net te laat om seun in hospitaal te groet

’n Dag voor sy verjaardag moes Douw van Wyk hoor sy seun is in die Mediclinic Vergelegen dood nadat hy skielik op Kersdag siek geword het.

Herman van Wyk Foto: Facebook

Douw was van Pretoria af op pad om vir sy seun in die hospitaal te gaan kuier toe ’n familievriendin hom by die lughawe oplaai en die nuus meedeel dat sy seun Herman (21) dood is.

“Dit is vir ons almal ongelooflik moeilik,” sê Douw se vrou en Herman se stiefma, Petro.

“Herman is Vrydag omstreeks 12:00 dood en ons almal het reeds die nuus gekry, maar Douw was nog op die vliegtuig en ons kon hom eers ure later vertel.”

Petro sê hul hele familie is stukkend, maar veral Douw is verpletter.

“Sy verjaardag sal nooit weer dieselfde wees nie,” sê sy.

Herman, van die Strand, het by vriende in Hartenbos gekuier toe hy op Kersdag van erge hoofpyn gekla het. Hy is op 29 Desember in die Mediclinic George opgeneem en geopereer om die drukking op sy brein te verlig.

Hy is op 29 Desember in die Mediclinic George opgeneem en geopereer om die drukking op sy brein te verlig.

Dit het beter met hom gegaan en hy is ontslaan en terug Strand toe, sê Petro.

Dae later het sy gesondheid weer agteruitgegaan en hy is in die Mediclinic Vergelegen opgeneem waar hy nog operasies ondergaan het.

“Ons weet tot vandag toe nie wat die oorsaak was nie. Die dokters sê dit is gewoonlik óf kanker, óf breinvliesontsteking, en hy het nie een van die twee gehad toe hy opgeneem is nie,” sê Petro.

Herman is ná vyf breinoperasies in ’n geïnduseerde koma geplaas omdat dokters wou hê hy moet heeltemal stil lê. Hy het long- en breinvliesontsteking gekry en die dokters het gesê dit lyk asof sy organe begin ingee.

Nietemin is daar beplan om hom Vrydag om 14:30 wakker te maak sodat sy brein-aktiwiteit getoets kon word.

“Dit is onbeskryflik moeilik vir ons almal, en sy twee broers is uiters ontsteld en hartseer,” vertel Petro.

Herman het ’n ouer broer, Gerbrand (24), en jonger broer, Ruben (14). Sy ma, Marieta, woon ook in die Strand.

“Herman en Gerbrand was baie na aan mekaar. Hulle het lank saam in die Strand gewoon en by dieselfde maatskappy gewerk. Dit is vir hom baie swaar.”

Ruben woon by Douw en Petro in Pretoria.

Petro sê die reëlings vir Herman se begrafnis of gedenkdiens is nog nie gefinaliseer nie, maar die kanse is goed dat dit in die Strand gehou sal word.

Petro sê die blad wat geopen is om skenkings vir Herman se hospitaalkoste in te samel bly oop. “Ons is so geseënd en dankbaar vir elke enkele skenking. Die rekenings is astronomies, maar elke bietjie help.”

Meer oor:  Herman Van Wyk  |  Sterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.