Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa nog onder verdowing ná vliegongeluk wat seun eis

’n Pa van Tulbagh wat ernstig beseer is in ’n vliegongeluk waarin sy seun dood is, is steeds onder verdowing.

Daniël (50) Theron en dié seun, ook Daniël (12), het volgens hul familie die naweek ’n saamtrek van sportvliegtuie by die Gariepdam bygewoon. Hulle het as deel van ’n groep in ’n Magni Gyro-sportvliegtuig gevlieg toe die ongeluk Maandagmiddag op ’n plaas net buite Laingsburg gebeur het. Dit is onbekend hoe die ongeluk gebeur het omdat niemand glo iets gesien het nie.

’n Skermgreep van die Rijk Tulbagh Private Skool se video oor Daniël Theron jr.

Daniël was ’n gr. 7-leerling aan die Rijk Tulbagh Private Skool waar sy pa die beheerliggaamvoorsitter is.

Theron, die eienaar van die Malan Boerdery in Tulbagh, is met ernstige brandwonde in die Mediclinic Worcester opgeneem. Hy sal na verwagting nog die volgende sewe dae onder verdowing wees.

Volgens die polisie het die vliegtuig Maandag op ’n plaas sowat 12 km buite Laingsburg neergestort. Nooddienspersoneel het op die vliegtuigwrakstukke afgekom. Theron, die vlieënier, het ernstige brandwonde opgedoen en is met ’n lugambulans na die hospitaal geneem.

Daniël was in die vliegtuig vasgekeer en het verskeie beserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk moet nog vasgestel word. Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek die voorval en sal binne 30 dae van die ongeluk ’n voorlopige verslag uitreik.

Daniël was ’n merkwaardige leerling wat liefde en vreugde uitgestraal het.

Volgens die familie sal daar waarskynlik eers heelwat later ’n gedenkdiens vir Daniël gehou word.

“Geen besluit sal sonder sy (pa se) medewete geneem word nie.”

Die skool het in ’n boodskap by ’n video op sy Facebookblad gesê hulle neem met groot hartseer afskeid van Daniël.

“Daniël was ’n merkwaardige leerling wat liefde en vreugde uitgestraal het. Almal het geglimlag waar hy ook al was en dit het altyd met ’n grappie of twee gepaard gegaan. Sy liefde vir wiskunde, skaak, geskiedenis, dans, musiek, wetenskap, uit sy maag lag en sy positiewe gesindheid gaan verskriklik gemis word,” lui die boodskap.

“Dankie vir jou kosbare herinneringe, ons vier en onthou jou. Rijk Tulbagh wil graag ons innige simpatie met sy familie betuig. Ons dra julle in ons denke en gebede.”

Daniël word ook deur sy ma, Annelie, en twee broers, Jean-Pieter (18) en Stephan (21), oorleef.

Kyk na die video by https://www.facebook.com/Rijktulbaghschool/videos/143810031047872/.

Meer oor:  Tulbagh  |  Pa  |  Vliegongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.