Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa, seun van De Aar sterf toe huis brand

Bure, vriende en familie van ’n gesin van De Aar is in rou gedompel ná die dood van ’n pa en sy seuntjie nadat hul sinkhuis Sondagaand in die Malay Camp-nedersetting afgebrand het.

Twee lede van die Louw-gesin in De Aar is dood nadat hul huis Sondagaand deur vlamme verswelg is.

Freddie Louw (44) en sy seun, Melikaya (2), het in die brand omgekom, terwyl Melanie Louw, sy vrou en Melikaya se ma, met ernstige brandwonde ontsnap het.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê hulle doen ’n geregtelike doodsondersoek.

“Die man en sy seun is omstreeks 21:00 dood nadat hul sinkhuis uitgebrand het. Geen misdaad word vermoed nie. Ons ondersoek die oorsaak van die brand.”

Leah Morris, ’n buurvrou wat in ’n huis op dieselfde erf bly, sê sy was bekommerd oor die paraffien en kerse wat die gesin Sondagaand in die huis aangesteek het.

“Ek het hulle gewaarsku om versigtig te wees, maar ek was skaars by my bestemming nie te ver weg nie, toe ek ontbied word. Mense het gedink dit is my huis wat brand.

“Met my aankoms het ek gesien hoe die vrou haar seun uit die huis probeer trek, maar sy kon dit nie regkry nie. Die omstanders het haar weggeruk en met komberse toegemaak.

“Ons het water van twee krane op die erf in emmers getap om die vlamme te probeer blus. Die ambulans het ná ’n rukkie opgedaag, maar nie die brandweer nie.

“Ons is almal erg geskok.”

Melanie is Donderdag van die De Aar-hospitaal na ’n hospitaal in Kimberley oorgeplaas.

Volgens Morris het sy tot brandwonde op haar kop gehad.

Meer oor:  De Aar  |  Huisbrand  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.