Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa soek al 9 jaar na sy 2 kinders

’n Vrystaatse man sê hy kry steeds nagmerries nadat sy vrou, Elizabeth, en twee kinders, Eubert Nathan en Nicolaas Tjaart, nege jaar gelede verdwyn het.

Nicolaas Rothman
Nicolaas Rothman met sy seuntjie, ook Nicolaas, kort voordat die kinders en hul ma in 2012 spoorloos verdwyn het. Foto: Verskaf

Eubert Nathan was twee jaar en Nicolaas Tjaart vier jaar oud toe hulle saam met hul ma weg is.

Nicolaas Rothman sê niemand kon sedert 2012 iets uitrig nie en hy glo sy gewese vrou en sy twee kinders bly in Dubai.

Hy sê die laaste ses maande van sy huwelik met Elizabeth was ongelukkig en hy het vermoed dat sy met die kinders wil padgee.

Omdat sy ’n immigrant uit die Filippyne was, moes hy en sy jaarliks by die departement van binnelandse sake in Welkom aanmeld.

Hy het haar in Dubai ontmoet waar albei gewerk het en hulle het hulle in Suid-Afrika kom vestig.

Hy het later uitgevind dat sy nog met ’n Filippynse man getroud is.

n Kennisgewing van Nicholaas Rothman in 2012 laat druk en versprei het, het geen leidrade opgelewer nie. Foto: verskaf

“Ek het hulle gewaarsku dat ek bekommerd is dat sy skuldig is aan bigamie en moontlik dokumente vir die kinders gaan aanvra,” sê hy.

"Ons albei sou moes teken vir die kinders se paspoorte, hoe het sy dit reggekry?"

Sy moes dit onwettig bekom het, sê hy.

Die gesin het in Harrismith gebly toe Elizabeth en die kinders verdwyn het.

Hy het op regsadvies ’n klag van ontvoering gelê maar die owerhede kon haar nie opspoor nie.

Hy het vroeër geglo dat sy is dalk terug is na die Filippyne maar hy dink nou dat sy eerder by haar ma is wat in Dubai bly.

Rothman sê hy het alles wat hy besit in die soektog na sy kinders verloor.

Hy probeer deesdae weer die stukke van sy lewe optel.

Hy het intussen ’n seuntjie ryker geword uit ’n ander verhouding maar hy wil graag afsluiting hê oor sy twee seuns wat verdwyn het.

Rothman werk vir ’n klein lugredery in Bethlehem, waar hy ’n administrasieklerk is.

Hy sê hy het plakkate laat versprei kort nadat sy kinders weg is. Hy het prokureurs se hulp ingeroep maar tot nou toe kon hy niks uitrig nie.

Omdat daar nie ’n uitruilooreenkoms tussen Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate is nie, kan Interpol hom ook nie help om die kinders in Dubai op te spoor nie.

Meer oor:  Pa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.