Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa van 2 het glo in pad gelê toe motor hom tref
Alex Phillips

’n Pa van twee kinders van Heidelberg in die Suid-Kaap word Saterdag begrawe nadat hy verlede naweek doodgery is waar hy glo in ’n pad gelê het.

Die oorledene, Alex Phillips (33) van Slangrivier, Heidelberg, is op die Vleidampad deur ’n wit Toyota Mark II raakgery.

Volgens AO Alroy Windvogel, polisiewoordvoerder, was Phillips Sondagoggend ongeveer 00:25 alleen op pad huis toe toe die ongeluk gebeur het. Die bestuurder van die Toyota het op die toneel aan die polisie gesê dat hy bo-oor Phillips gery het.

Die bestuurder is op die toneel in hegtenis geneem en van strafbare manslag en bestuur onder die invloed van drank aangekla. Hy is later die oggend vrygelaat. Die ondersoek duur voort.

Phillips het as ’n verwer by ’n plaaslike boukontrakteur gewerk en was baie gewild onder sy medewerkers. Hy is as een van die beste verwers bestempel.

Hy is die pa van ’n 14-jarige dogter en ’n vierjarige seun. Benewens sy twee kinders word Phillips ook deur sy ma, Cornelia Phillips, drie susters en een broer oorleef.

Die begrafnisdiens vind Saterdag om 09:00 vanaf die huis in Klaassenstraat, Onderrivier, plaas.

Meer oor:  Heidelberg  |  Raakgery  |  Pa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.