Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa van Bellville al 8 dae spoorloos weg uit hospitaal
Lucille en Jan Fourie. Jan het agt dae gelede spoorloos verdwyn nadat hy vir toetse by die Karl Bremmer-hospitaal in Bellville, Kaapstad was. Foto: Verskaf

’n Bellvillese ma van ’n tweejarige is raadop en weet nie meer wat om te doen nadat haar man, Jan Willem Fourie (38), agt dae gelede verdwyn het nie.

Sy sê hy was die een oomblik nog by die hospitaal waar hy vir ’n maagseer getoets is en die volgende was hy weg.

Hy is dieselfde dag nog as vermis by die polisie aangemeld.

Die Karl Bremer-hospitaal het selfs so ver gegaan as om sy kringtelevisiebeeldmateriaal na te gaan. Hierin is gewys dat hy die hospitaal in ’n blou-en-rooi Cat-baadjie, ’n verbleikte blou denimbroek en swart stewels verlaat. Dit wys egter nie in watter rigting hy stap nie.

“Ek het nie woorde nie – ek is geskok,” sê sy vrou, Lucille Fourie.

Lucille en Jan het ’n tweejarige dogtertjie.

“Sy verstaan darem nie wat aangaan nie, maar sy gaan binnekort begin vrae vra,” het Lucille aan Netwerk24 gesê.

Sy het haar tot Facebook gewend in ’n poging om haar man op te spoor. Haar plasing is al honderde kere gedeel en dit het baie reaksie ontlok.

“Ons bid en glo dat God jou man sal terugbesorg, sterkte,” skryf Ansie Fourie by die plasing.

Enigeen met meer inligting kan die ondersoekbeampte by 021 918 3002 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.