Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa van Bishops-juffrou se roerende brief aan ouers

Dave Mallett, die pa van die onderwyseres Fiona Viotti (30) wat ondersoek word vir beweerde seksuele wangedrag by die spogskool Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad, het in ’n brief aan ouers gesê hy wil nie hê die seuns moet hom vermy nie.

“Ek het nounet met die ouens vergader en gevra hulle moet sover moontlik hul kop laag hou (moenie rondom my trippel nie!) en probeer om aan te gaan soos normaal,” het Mallett in Dinsdag se brief gesê.

Hy rig die eersterugbyspan af by die skool waar Viotti ’n onderwyseres was.

“Ek kan nie toelaat dat dit hul laaste kwartaal ontwrig nie.”

Fiona Viotti (30) Foto: Twitter

Viotti het na bewering ’n verhouding met ’n matriekseun (18) gehad en die verhouding het glo versuur toe hy dit wou beëindig.

Die skool het Viotti se bedanking Saterdag in ’n brief aan die ouers bekend gemaak nadat beweringe van verhoudings met “sommige van ons seuns” aan die lig gekom het.

Viotti het in 2006 Suid-Afrika se waterpolo-span by die Statebondspele verteenwoordig en daarna die waterpoloafrigter by die skool geword.

“Daar lê sonder twyfel moeilike tye voor, maar ek sal vorentoe beweeg en my familie ondersteun,” sê Mallett.

“Dit is voor die hand liggend dat my dogter se veiligheid nou ons topprioriteit is en ons sal alles doen om haar te help om hierdeur te kom,” sê hy.

“Baie dankie aan almal wat ons ondersteun en vir ons boodskappe stuur ná hierdie verwoestende voorval rakende my dogter, Fi.”

Mallett is die broer van Nick Mallett, voormalige Springbok-afrigter.

Intussen het William Booth, Viotti se prokureur, gesê gerugte dat sy landuit gevlug het, is onwaar.

“Sy het nêrens heen gevlug nie. Sy is in die Kaap en kry ondersteuning.”

Daar is voorheen berig Viotti het ook in 2009 in die tydskrif Sports Illustrated verskyn.

Mallett is ook koshuishoof van een van die koshuise, Founders House. Hy sê in die brief hy sal in hierdie pos bly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.