SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Algemeen
Pa van Dana se Anette neem ook eie lewe
Jan Schoeman

Jan Schoeman (77), pa van Anette Roberts, het Donderdag sy eie lewe geneem.

Roberts was verloof aan die skrywer, Dana Snyman. Sy het ook haarself op 4 Oktober vanjaar om die lewe gebring.

Volgens Schoeman se seun, Wicus, het sy pa homself in sy motor vergas in Marlothpark, Mpumalanga, waar hy en sy vrou, Debbie, gewoon het. 

Roberts is in Oktober by haar huis dood in ’n vriend se motor gevind. Sy het haarself ook vergas in haar motorhuis in Lillyvale, Bloemfontein. Dit was op Dana se 55ste verjaardag.

“Alles is te veel. Ek is jammer. Liefde Anette,” het Roberts glo in ’n briefie geskryf wat sy agtergelaat het.

Die skrywer Dana Snyman en wyle Anette Roberts.

Roberts (51) was die ma van drie kinders.

Haar pa, ’n afgetrede skoolhoof, het saam met Debbie ’n tuisnywerheid, Die Boskombuis, in Marlothpark bedryf. Hy word oorleef deur sy vrou, asook sy twee seuns, Wicus en Jan.

Die begrafnis word Donderdag om 11:00 uit die NG gemeente Komatipoort gehou.

Snyman kon nie vir kommentaar oor Schoeman se dood bereik word nie.

Snyman en Roberts sou op 9 Desember getrou het.

Nou sal hy op 9 Desember ’n konsert by die Kontrei Keffie op Jacobsbaai in die Wes-Kaap hou ter nagedagtenis aan Annette.

“Dit is die dag waarop ek en Anette sou getrou het. Iets goeds moet uit al die verdriet kom . . . en dit is die begin van ’n projek wat ek iewers in die nuwe jaar wil aanpak. Om mense veral van bipolêre depressie bewus te maak. Ook om almal wat iemand deur selfdood verloor het te probeer help en om hulle by te staan,” het Dana vroeër op sy Facebook-blad oor die konsert geskryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.