Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa van ‘tienling’ glo self nie meer daar is 10 babas

Die pa van die beweerde tienling wat vroeër glo in Suid-Afrika gebore is, sê hy weet niks van die ma se doen en late nie. Hy weet ook nie hoe dit met die babas se welstand gaan en of hulle eens wel bestaan nie.

Die verklaring wat die familie uitgereik het.

Dít blyk uit ’n verklaring wat Tebogo Tsotetsi, die pa, se familie laat Dinsdag uitgereik het.

Die Tsotetsi-familie het Dinsdag in die familiehuis in Tembisa byeengekom. Die uitgebreide familie en nabye vriende het die byeenkoms bygewoon.

Tsotetsi het aan hulle verslag gedoen oor die “tienling”.

Hy sê ondanks verskeie pogings om die kinders se ma, Gosiame Sithole, en die babas te besoek, wil sy nie sê waar sy is of hoe dit met die babas gaan nie.

“Die familie is baie bekommerd oor die onsekerhede en openbare onthulling oor die geboorte van die tienling, veral omdat daar geen bewyse van die tienling se bestaan is nie.”

Al wat hulle het, is telefoniese en WhatsApp-boodskappe van die ma, lui die verslag.

Totdat dit anders bewys word, het die familie daarby berus en tot die gevolgtrekking gekom dat Tsotetsi en Sithole nie die ouers van ’n tienling is nie.

tienling
Gosiame Sithole

“Die familie wil graag vir enige ongerief en verleentheid om verskoning vra.”

In die verklaring erken en waardeer die familie die ondersteuning van Piet Rampedi, redakteur van Pretoria News, met die swangerskap einde verlede jaar.

“Tebogo Tsotetsi het Pretoria News en Piet Rampedi oor die tienling ingelig op grond van die inligting wat hy van sy meisie ontvang het.”

Die familie het nooit gesê hulle het die tienling gesien nie en het staatgemaak op die “oproep en WhatsApp-bevestiging van die meisie”.

Sedert haar foon af is, het die familie kontak met Sithole verloor. Hulle het haar as vermis aangemeld.

Hulle doen ook ’n beroep op die publiek om alle skenkings aan die “tienling” te staak.

Meer oor:  Gosiame Sithole  |  Tebogo Tsotetsi  |  Fopnuus  |  Swangerskap  |  Tienling  |  Geboorte  |  10-Ling  |  Ma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.