Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pa wat nek breek, wil net seun kan vashou

’n Kaapse pa wat sy nek in ’n fratsongeluk gebreek het se grootste wens is om sy sewe maande oue babaseuntjie weer behoorlik te kan vashou.

Pieter van Greunen het op 17 September sy nek gebreek toe hy in ’n swembad geduik het. Hy en sy vrou, Vernene, was daardie naweek by ’n troue toe die ongeluk gebeur het.

“Ek vat dit dag vir dag,” sê Van Greunen vanuit sy hospitaal in die Vincent Pallotti-hospitaal in Kaapstad.

Ná die ongeluk is hy geopereer, maar toe hy wakker word kon hy nie self asemhaal nie. Hy het ook geen gevoel onder sy naeltjie of in sy arms gehad nie, skryf Tieneke le Roux, ’n vriendin van die egpaar, in ’n e-pos.

Van Greunen was eers in die hoësorgeenheid van die Netcare UCT Private Akademiese Hospitaal en het daar sy asemhaling en gevoel in die arms teruggekry.

Pieter van Greunen, sy vrou, Vernene, en hul seuntjie Kai (sewe maande) vroeër in die hospitaal.

Hy is tans in die Vincent Pallotti-hospitaal en ontvang rehabilitasie, onder meer om sy arms sterker te maak. Sy wens is om Kai, die egpaar se sewe maande oue seuntjie, weer te kan vashou.

Vernene sê hulle is hoopvol dat Van Greunen ten volle sal herstel.

“Dit is ’n stadige proses. Dit is moeilik om te sê hoe lank die rehabilitasieproses sal neem. Die dokters kom elke week bymekaar en neem dinge dan weer verder. Toe dit gebeur het, het ons gedink ‘as Pieter net weer kan loop’. Maar nou sal die eerste prys wees as hy net weer vir Kai kan vashou.”

Dit is nog nie seker of Van Greunen, wat sy eie bou-en-timmeronderneming het, weer sal kan werk nie.

’n Facebookblad en ’n webtuiste is intussen geskep waar mense sy vordering kan volg en ’n BackaBuddy-veldtog is ook begin om geld in te samel vir wanneer hy ontslaan word.

Volgens Vernene wil hulle mense bedag maak op fratsongelukke soos die een waarin haar man beseer is. Die naweek van die ongeluk was die eerste keer dat sy en Van Greunen saam weg was nadat hul seuntjie gebore is.

“Ons het saam met vriende gebraai toe die ongeluk gebeur het,” sê Vernene.

“Dit het alles baie vinnig gebeur.”

Kliek hier vir meer inligting:

* Back a buddy

Rise again

* Facebook

Meer oor:  Verlam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.