Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Paaie: 2 dood aan Wes-Rand

Twee mense is op Nuwejaarsdag aan die Wes-Rand dood in ’n motorongeluk in Hillshaven, Westonaria.

Nog twee mense is in dié ongeluk beseer toe die motor waarin hulle was, gerol het, sê Werner Vermaak, woordvoerder van die nooddiens ER24.

Die wrak van die motor waarin twee mense Maandag in Westonaria aan die Wes-Rand dood is. Twee ander insittendes is beseer. Foto: Verskaf

“Paramedici van ER24 en die plaaslike nooddienste het kort voor 17:00 aangekom by die voertuig in ’n oop stuk veld.”

Volgens Vermaak het die motor verskeie kere gerol.

“Al die mense is uit die voertuig geslinger. ’n Man en ’n vrou het noodlottige beserings opgedoen. Twee ander mans het matige tot ernstige beserings opgedoen.”

Die omstandighede rondom die ongeluk sal deur plaaslike owerhede ondersoek word.

  • Intussen is ’n 21-jarige man in ’n ernstige toestand nadat hy Maandag byna verdrink het by ’n woonwapark in Vanderbijlpark.

Vermaak sê toe paramedici op die toneel opdaag, was ’n man besig om die 21-jarige te help.

“Hy was in ’n ernstige toestand. Volgens bystanders is dit nie duidelik hoe lank die man onder water was nie.”

Die man is na die Sebokeng-hospitaal gebring.

Meer oor:  Er24-Nooddienste  |  Wes-Rand  |  Ongeluk  |  Sterfgevalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.