Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Paal trek deur voorruit, mis jong seun net-net

’n Pa en seun het op Paasvrydag ternouernood aan die dood ontkom toe eers ’n bakkiekap, en ’n oogwink later ’n paal, hul BMW se voorruit verpletter het.

Die staalpaal het regdeur die voorruit gesteek, die pa se kop rakelings gemis en in die agtersitplek, waar die jong seun gesit het, vasgesteek.

Die paal wat van die afleweringsvoertuig afgewaai en die BMW se voorruit tot by die agtersitplek deurboor het.Foto: Verskaf

“Gelukkig en wonderbaarlik is niemand ernstig beseer nie,” het Kenny Africa, verkeershoof in die Wes-Kaap, gesê.

Die voorval het Vrydag omstreeks 15:00 op die pad tussen Caledon en Grabouw in die Wes-Kaap gebeur, naby die Villiersdorp-afdraai.

“Die BMW en ’n ligte afleweringsvoertuig het in aankomende bane gery. In die BMW was ’n pa, ’n ma en hul jong seun en dogter,” sê Africa.

“Die afleweringsvoertuig se bakkap het skielik losgekom en die aankomende BMW se voorruit getref.

Die paal het die bestuurder van die BMW, en sy seun wat agter hom gesit het, rakelings gemis.Foto: Verskaf

“In die proses het ’n paal, wat op die afleweringsvoertuig se bak was, ook deur die BMW se voorruit getrek.

“Die paal het die bestuurder letterlik met millimeters gemis, verby hom getrek en in die agtersitplek vasgesteek, waar die seun, wat jonger as 12 is, gesit het.”

Albei voertuie het gestop.

“Daar was ’n dokter in ’n verbygaande voertuig wat op die toneel die gesin in die BMW bygestaan het,” sê Africa.

’n Ondersoek sal gedoen word om te bepaal of die bestuurder van die afleweringsvoertuig nalatig was.

Meer oor:  Grabouw  |  Caledon  |  Motor  |  Paasnaweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.