Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Paartjie help ouers om seuns uit see te red

Die optrede van ’n ouerpaar en twee omstanders het Sondag twee seuns van nege en tien jaar oud se lewe op die Noordhoek-strand in Kaapstad gered.

’n Gesin van Houtbaai was Sondag op die strand toe die twee seuns, wat saam met hul pa in die water was, hul swemborde in ’n sterk seestroom verloor.

Adam Martin (9), sy ouer broer, Jake (10), en hul pa, Alex, het op ’n plek gekom waar die water te diep was om te staan en waar die seestrome sterk was. Alex het nog sy swembord by hom gehad en hulle kon dit gebruik om te dryf, lui ’n verklaring van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).

Hul ma en ander mense op die strand het gesien die drie het hulp nodig. Net toe het Nick Ornellas en sy vrou, Jess Ornellas-Brand, saam met hul seun daar aangekom. Nick is ’n branderplankryer en ken die omgewing goed.

Nick Ornellas en sy vrou, Jess Ornellas-Brand, wat die gesin gehelp het. Foto: Facebook/Nick Ornellas

“ ’n Bejaarde man het aangehardloop gekom en gevra ons moet help. Daar is kinders wat gaan verdrink,” sê Jess.

“Nick het met sy branderplank en sy paddavoete in die water ingehardloop om te gaan help.

“Alex se vrou, Danni, het ook die see ingegaan. Sy is na een van die seuns terwyl Nick na die pa en die ander seun is om hulle te help.”

Volgens die NSRI het Nick, Alex en een van die seuns na ’n sandbank gegaan waar hulle halflyf in die water kon staan. Vandaar is hulle terug strand toe. Danni het haar ander seun gekry en uitgebring.

Volgens Jess was daar nog twee half-sibbe en ’n niggie van die seuns op die strand. “Toe hulle uit die water kom, kon Alex glad nie praat nie. Hy was in ’n toestand. Ek het die kinders in handdoeke toegedraai en vir almal water gegee. Hulle was baie getraumatiseerd.”

Nick het met sy branderplank en sy paddavoete in die water ingehardloop om te gaan help.

Nadat hulle die strand bereik het, het paramedici van die NSRI en Cape Medical Response na hulle gekyk.

“Die NSRI is dankbaar om te hoor dit gaan goed met die gesin en dat hulle ná hul beproewing herstel.”

Volgens Jess is die strand nie ’n swemstrand nie, maar eerder ’n swemplek vir branderplankryers.

Die NSRI sê die Martin-gesin wil nie met media praat nie.

Meer oor:  Nasionale Seereddingsinstituut (Nsri)  |  Kaapstad  |  Verdrink  |  Red  |  See  |  Ouers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.