Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Paartjie kom hoog by matriekafskeid aan

’n Paartjie wat die Hoërskool DF Malan in Bellville se matriekafskeid bygewoon het, het die oë laat rek toe hulle Dinsdagaand op ’n ongewone manier voor die saal afgelaai is.

Lisa Vollgraaff en Andre Venter. Foto: Jaco Marais

Lisa Vollgraaff (18) en haar metgesel, André Venter, het sowat 15 meter van die grond af bo-op die platform van ’n skêrhyser (scissor lift) gestaan toe die hyser hulle voor die deur afgelaai het.

Die platform kan eintlik tot 27 meter hoog gelig word, maar weens die wind wat Dinsdagaand gewaai het, het die bestuurder besluit om die hoogte te beperk.

Lisa, ’n matriekleerling aan dié skool, en Venter, ’n eerstejaarstudent, moes harnasse om hul lywe dra vir hul veiligheid.

Lisa vertel nadat ’n vriendin met ’n masjiengraaf by die matriekafskeid van ’n ander skool aangekom het, móés sy óók iets anders doen.

Lisa het die hyser eendag op ’n bouperseel gesien en dadelik die hysermaatskappy gekontak om te vra of sy dit vir haar afskeid kon gebruik. Hulle het ingestem.

Sy het haar planne geheim gehou. Venter was glo sprakeloos toe hy uiteindelik uitgevind het hoe hulle by die dans sou opdaag!

Dit is nie die eerste keer dat die Vollgraaff-gesin hul aankoms op unieke maniere aankondig nie. Lise se jonger boetie, Deon (nou 12), het byvoorbeeld in Januarie 2013 in ’n helikopter opgedaag vir sy eerste dag van skool by die Laerskool Totius in Boston.

Elizma, Deon en Lisa se ma, het toe aan Die Burger gesê haar kinders se drome kom altyd eerste.

Dit is dan ook hoekom, toe Lisa kom met haar versoek om op dié unieke manier by die matriekafskeid op te daag, spesiale reëlings getref is sodat dit kon gebeur.

Lisa en Venter moes wel die uitgang van die afskeid gebruik as hul ingang, want ’n valhek en ’n boom het die gewone ingang versper.

Elizma het na hulle gearriveer het gesê alles het glad verloop en Lisa is tevrede.

Die twee sak af om in te stap. Foto: Jaco Marais
Foto: Jaco Marais
Die twee stap in na die saal toe. Foto: Jaco Marais

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.