Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Pad oopgestel ná betoging in Klipheuwel

Die Kaapstad-metro het sê die Klipheuwel-pad is omstreeks 10:00 weer vir verkeer oopgestel nadat die toneel opgeruim is.


Die R302-pad in Klipheuwel buite Kaapstad is vroeg Dinsdagoggend gesluit toe betogers begin bande brand het.

Volgens Metrorail word die treindienste tussen Malmesbury en Kaapstad ook geraak.

Richard Coleman, woordvoerder van Kaapstad se verkeersafdeling, sê betogers het vroegoggend bande in die omgewing van Philadelphiaweg begin brand en die R302 in die gebied is in albei rigtings gesluit.

MetroRail het pendelaars wat van die treindienste tussen Malmesbury en Kaapstad gebruik maak, aangeraai om van alternatiewe vervoer gebruik te maak.

"Ons verwag vertragings van meer as 'n uur," sê MetroRail op Twitter.

Meer oor:  Kaapstad  |  Brand  |  Verkeer  |  Bande  |  Betogers  |  Ontwrigting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.