Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Padvalke ‘bang vir verkeer’

Meer as 1 000 opgeleide lede van die Johannesburgse Metropolisiediens (JMPD) kan nie bestuur nie en ook nie vuurwapens hanteer nie én het ’n intense vrees vir die Goudstad se druk verkeer.

Dit is volgens sr.supt. Wayne Minnaar, JMPD-woordvoerder, wat bevestig het dat dié lede nou na die akademie teruggestuur word vir verdere opleiding.

Dit is onduidelik hoe lank dié beamptes, wat reeds 18 maande vereiste opleiding agter die rug het, nou by die akademie sal moet deurbring.

Volgens Minnaar sal daar individuele ondersoeke wees om vas te stel wat elkeen se probleem is.

“Ons het agtergekom van die studente is opgelei om te help met verkeer, maar op die pad het daardie persoon ’n fobie vir die besige strate van Johannesburg,” sê Minnaar.

Die hoof van die akademie sal besluit hoe lank die lede se heropleiding sal duur.

Die betrokke lede het hul opleiding einde verlede jaar voltooi.

Meer oor:  Metropolisie  |  Jmpd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.