Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Padwerke begin in George

Motoriste en besoekers moet kennis neem van padwerke wat volgende week in Knysnaweg, ’n hoofroete in George, begin.

George se munisipaliteit sê die padoppervlak sal herstel en verbeter word. Dele van die pad sal gesluit wees, maar tweerigtingverkeer sal voortgaan, met een baan wat oop sal wees en gedurende kantoorure toegang tot ondernemings sal bied.

Hoewel dit ongerief gaan veroorsaak, word die publiek gevra om geduldig te wees omdat die uiteindelike veiliger pad tot voordeel van alle padgebruikers sal wees, sê Reginald Wesso, direkteur van siviele ingenieurswese van die munisipaliteit, in ’n verklaring.

Die projek sal na verwagting Maandag begin en afhangend van die weer en ander omstandighede tot die eerste paar weke in Maart duur.

Die werk sal plaasvind aan die kant van die treinbrug in Eerstestraat tot by die kruising by Pick n Pay en Hope-kerk in Vierdestraat.

In die werk sal hoofsaaklik straatblok vir straatblok gedoen word en dele van die straat kan daagliks van 07:30 tot 17:00 gesluit wees.

Die toegang na persele sal bestuur word en inwoners en sakeondernemings wat geraak word, sal ingelig word.

Daar sal ’n verskil in hoogte wees op die padoppervlak terwyl die werk gedoen word. Motoriste, fietsryers, motorfietsryers en voetgangers word gevra om versigtig te wees in nat toestande en saans wanneer sigbaarheid swak is.

Padgebruikers word gevra om ag te slaan op tydelike padtekens en gehoor te gee aan die instruksies van die padwerkers.

Meer oor:  George  |  Motoriste  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.