Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Padwerke tussen Hartenbos, G-Brakrivier vorder

Goeie vordering word gemaak met die projek om twee paaie in die Suid-Kaap, die R102 tussen Hartenbos en Groot-Brakrivier en die DR1578 tussen Tergniet en Wolwedans, op te knap.

Volgens inligting van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke kos die projek R182 miljoen. Die werk het in Januarie verlede jaar begin en die projek sal na verwagting teen die middel van 2020 voltooi wees.

Konstruksiewerk vind tegelykertyd op verskeie plekke plaas en stop-ry-stelsels is in plek.

Die pad tussen die Monte Christo-kruising en Riverside sal gesluit wees vir werk wat aan die Klein-Brakrivier-brug gedoen word. Toegang word gegee tot die Swans-kwekery en mense wat op die suidelike oewer van die Klein-Brakrivier woon. Die pad sal na verwagting teen middel-Junie oopgestel word.

Die werk om die padoppervlak finaal te seël kan in die warmer maande tussen September en April plaasvind en sal in twee fases aangepak word.

Die R102 tussen die kruising by Tergniet en Impalastraat by Fraaiuitsig is ook vir padwerke gesluit. Inwoners van die Rheebok Village Estate en Groenkloof kry toegang. Die pad sal na verwagting teen middel-Maart vanjaar oopgestel word.

Stop-ry-stelsels sal op die R102 tussen die Longstraat-kruising by De Dekke op Groot-Brakrivier en Tergniet voorkom. Albei die bane sal teen middel-Maart oopgestel word.

Op die DR1578 sal stop-ry-stelsels tussen die N2-brug-oorgang en die Friemersheim-kruising voorkom. Die pad sal teen middel-Maart oopgestel word.

Stop-ry-stelsels sal ook ingespan word wanneer opknappingswerk tussen Impalastraat en die R102 begin, wanneer opknappings by die kruising van Impalastraat en die R102 begin, en wanneer die rekonstruksie van die R102 tussen die nuwe duiksloot by Riversdal en die T-aansluiting by Stonehill plaasvind.

Die werk om die padoppervlak finaal te seël kan in die warmer maande tussen September en April plaasvind en sal in twee fases aangepak word. Wanneer die werk begin, sal daar stop-ry-stelsels wees. Die eerste fase van die projek sal tussen 29 Januarie en middel-April 2019 plaasvind, en die tweede fase tussen middel-Augustus en 13 Desember 2019.

Nog padwerke

Die projek om 16,6 km van die pad tussen Holgaten en Oudtshoorn (TR75/1) op te knap, en die 6,7 km van die pad tussen Holgaten en Uniondale (TR1/2) te herseël, sal na verwagting teen die einde van 2019 voltooi wees, mits alles volgens plan verloop.

Dié projek beloop R55 miljoen.

Die TR75/1, ’n verbindingsroete tussen Oudtshoorn en George, is die laaste keer in 2003 opgeknap. Daar is ’n stop-ry-stelsel.

Op die TR1/2 kan motoriste ’n stop-ry-stelsel tussen Februarie en Mei verwag. Die wagtydperk sal sowat 15 minute wees.

Meer oor:  Hartenbos  |  Padwerke  |  Opknapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.