Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Panda se geboorte gee spesie hoop
Die volwasse panda Hao Hao hou haar pasgebore kleintjie in haar bek vas in ’n natuurpark in Brugelette, België. Die pienk, blinde, haarlose panda het by geboorte net 171 g geweeg. Foto: AP

Brugelette (België). – Die “pienk klein worsie” het ’n skrou gegee voordat hy deur sy ma in haar bek opgeraap is.

Gister se geboorte van ’n groot panda in ’n Belgiese natuurpark is ’n seldsame gebeurtenis vir dié bedreigde spesie, waarvan daar minder as 2 000 wêreldwyd oor is.

Die gesonde panda is in die vroeë oggendure in die Paira ­Daiza-natuurlewepark gebore.

Sy ouers is die sesjarige Hao Hao en haar maat, Xing Hui.

Die pienk, blinde, haarlose panda het by geboorte net 171 g geweeg.

Hao Hao se moontlike swangerskap is eers twee weke gelede aangekondig, maar die dieretuin was onseker of sy wel uiteindelik die lewe sou skenk.

“Sy het die laaste paar weke dubbel die gewone hoeveelheid bamboes gevreet en toe heeltemal belangstelling in kos verloor. Sy het toe begin weier om haar grot te verlaat,” het Tania Stroobant, Hao Hao se hanteerder, gesê.

Die klein panda sal eers later ’n naam kry, het Tim Bouts, die park se dieretuindirekteur, gesê.

Ma en seun vorder goed, het Bouts gesê, “maar ons is nog in ’n gevaarlike tydperk”.

Die dieretuin huisves Hao Hao en Xing Hui al sedert 2014 danksy ’n ooreenkoms met China.

Die dieretuin het met kenners van China saamgewerk om Hao Hao kunsmatig te bevrug.

Die Wêreldnatuurfonds (WWF) het gesê net 1 864 groot pandas is nog in die natuur oor.

Dit is bykans dubbel die getal van die 1970’s en 17% meer as ’n dekade gelede.

As deel van pogings om die spesie te red, is daar nou meer as 300 pandas in dieretuine, hoofsaaklik in China.

Die pandas sukkel om in sulke omstandighede voort te plant.

Kunsmatige bevrugting en meer kennis van hul behoeftes het die laaste paar jaar hul getalle laat styg.

Pairi Daiza het gesê België is nou die derde land in Europa, naas Oostenryk en Spanje, wat pandas suksesvol kon laat voortplant. – Reuters

Meer oor:  België  |  Geboorte  |  Panda
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.