Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Panga se eienaar sê sy ‘gaan aanhou soek’

Sy gaan aanhou soek, sê Ada Cloete, eienaar van die Rottweiler Panga wat op 8 Februarie spoorloos verdwyn het in ’n wye, uitgestrekte plaasgebied tussen Sutherland en Matjiesfontein.

Ondanks ’n vliegtuig, ’n groep spoorsnyers (wat hulle verlede Donderdag in ’n luiperd vasgeloop het) en hommeltuie wat met die soektog gehelp het, is nog geen spoor van Panga gekry nie.

Panga Foto: Verskaf

Die soektog is moontlik gemaak deur die Facebook-groep, Rottweiler South Africa. Volgens die groep is die soektog op die plaas intussen gestaak omdat daar geen teken van Panga is nie, maar daar word nou gekyk na ander maniere om met die soektog voort te gaan. ’n Beloning van R10 000 is vroeër aangebied vir inligting wat tot Panga se opsporing sal lei.

Panga en nog ’n Rottweiler, Unja, is op 8 Februarie omstreeks 03:30 uit Cloete se plaashuis gelaat om ’n draai te gaan loop. Net Unja het teruggekom.

Volgens Cloete was daar koedoes daar naby toe Panga-hulle uitgegaan het. Hulle vermoed ’n luiperd was agter die koedoes aan en dat Panga tussenbeide gekom het.

Cloete sê sy kan nie aanvaar dat Panga deur ’n luiperd gevang is nie. “Nee, ons sal altyd soek. Ons het geen oorskot gekry nie.”

Die soekgeselskap het verlede week afgekom op swart hare aan ’n grensdraad wat vermoedelik Panga s’n is. Tydens die soektog is geen sleepmerke gevind nie, maar onder meer luiperdspore, ’n dooie bobbejaan, die ou, droë bene van ’n bok en bloed op ’n klip wat onmoontlik is om te sê of dit Panga s’n is.

Mense met inligting kan Cloete op 072 240 5106 bel of ’n WhatsApp-boodskap stuur.

Meer oor:  Rottweiler  |  Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.