Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Papier-aanleg in Germiston vat vlam

’n Brand het vroeg Donderdagoggend by ’n aanleg in Germiston waar papier herwin word, uitgebreek.

“Brandbestryders het ’n noodoproep net ná 04:00 ontvang,” sê William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste.

Volgens hom het ’n pakhuis- en kantoorgebou op die hoek van Power- en Sigmastraat met die brandbestryders se aankoms in ligte laaie gestaan en moes hulle inspring om te keer dat die vlamme, wat deur sterk wind aangeblaas is, die hele perseel verwoes.

Opeengestapelde papier wat onder lewendige hoëspanning- elektriese kabels aan die brand was, het die brandbestryders se taak verder bemoeilik.

Sewe brandweerwaens van Boksburg, Wadeville en Primrose is gebruik om die brand onder beheer te kry.

“Nog ’n brand het omstreeks 08:15 by ’n pakhuis in Houtbaaistraat in Alberton-Noord uitgebreek.

“Niemand is in die voorvalle beseer nie. Die oorsaak van die brande sal ondersoek word,” sê Ntladi.

Brandbestryders blus Donderdag die brand by ’n papier-aanleg in Germiston aan die Oos-Rand. Foto: Ekurhuleni-nooddienste
Meer oor:  Boksburg  |  Germiston  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.