Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Paramedici red staffie wat deur slang gepik is
Storm, die jong staffie wat deur paramedici Vrydag in Durban gered is nadat 'n slang haar gebyt het.Foto: News 24

Paramedici in Durban moes hulle gister (Vrydag) haas na ’n ongewone pasiënt – ’n hondjie wat deur ’n slang gepik is.

Neil Powell, Crisis Medical-woordvoerder, sê dat paramedici uitgereik het om die dapper brakkie Vrydag te help.

“ ’n Inbeller het die paramedici ingelig dat ’n slang die hondjie Donderdagnag reeds gepik het en dat sy mediese sorg nodig het. Daar was ’n ambulans naby en Crisis Medical se beheerkamer het ’n span uitgestuur”, sê hy.

“Met hulle aankoms het die paramedici vir Storm gekry, ’n jong staffie met ’n slangbyt onder aan haar kaak. Slangdeskundiges het die paramedici ingelig dat die slang nie baie giftig was nie, maar dat binneaarse vloeistowwe nodig gaan wees om die gif in haar gestel te verdun,” sê Powell.

Hy sê dat die plaaslike veearts met die inligting saamgestem en die nodige riglyne vir die paramedici gegee het om die vloeistowwe binneaars toe te dien.

“Storm is tans stabiel en rus by die huis saam met haar mensfamilie. As haar toestand agteruitgaan, sal sy na ’n plaaslike veearts vir verdere behandeling en sorg geneem word,” sê hy.

“Hoewel Storm nie een van ons alledaagse pasiënte is nie, was ons gretig om te help omdat alle lewe saak maak.”

-News24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.