Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Paramedikus word 14de slagoffer van Durban-storm

’n Paramedikus van Durban is in die vroeë oggendure van Vrydag dood nadat hy en sy kollega Dinsdag in ’n ernstige ongeluk betrokke was op pad na ’n ongelukstoneel in die hewige storm wat in KwaZulu-Natal gewoed het.

Vicky Govender en sy kollega, Tracy Benderson, was in die ongeluk betrokke.

Govender, in sy vroeë 50’s, was saam met Benderson in ’n ambulans op pad na ’n ongelukstoneel op die N2-hoofweg nadat twee minibusse en ’n bakkie gebots het.

“Ons het gehoop dat hy dit sou oorleef. Dit is ’n skok vir ons almal,” sê Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, in ’n verklaring.

“Hulle het hul eie lewens op die spel geplaas om ander te red.”

Benderson is in ’n stabiele toestand in die hospitaal en daar is Donderdag op haar arm geopereer.

Govender het vir 16 jaar as ’n paramedikus vir ER24 gewerk en hy word oorleef deur sy vrou en kinders.

“Ons diepste meegevoel aan sy familie, vriende en kollegas,” sê Vermaak.

Die dodetal ná die storm het Donderdag op 13 gestaan nadat die lykies van twee sussies van onderskeidelik 18 maande en 3 jaar oud in die Mkhazini-rivier in Folweni gevind is.

Nog drie ander mense wat deur die vloedwater meegesleur is, word gesoek: Die baba Okhehle Kweyama van Umlazi, die 15-jarige Nomthandazo Chili van Folweni en ’n 18-jarige van KwaMakhutha.

Polisieduikers, ’n snuffelhond en gemeenskapslede soek saam na die vermiste 15-jarige Nomthandazo Chili wat in vloedwaters in die Mkhazini-rivier in Folweni, suid van Durban, meegesleur is. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Er24  |  Ongeluk  |  Durban  |  Storms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.