Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Parkeerdiens rits toe in Poena se Ford rond

’n Sakeman van Centurion in Gauteng is behoorlik die josie in nadat iemand rondgerits het in sy motor wat veronderstel was om veilig in ’n bergingsperseel te wees.

Poena van Heerden in sy Ford Everest sportnutsvoertuig.

“Ek gebruik gewoonlik een van die parkeerdienste by die O.R. Tambo-lughawe omdat dit bekostigbaarder en geriefliker is,” sê Poena van Heerden.

Hy het op 23 September sy Ford Everest-sportnutsvoertuig by die parkeerdiens op die lughawe afgegee soos vereis word.

“Ek het op 29 September met my terugkoms vanaf George weer my voertuig by die bergingsplek gaan haal. Groot was my verbasing toe ek agterkom dat daar op twee geleenthede met my motor rondgery is in die tyd wat ek uitstedig was.”

Volgens Van Heerden maak hy van ’n bekende opsporingsmaatskappy se selfoontoepassing gebruik wat ’n rekord hou van al die ritte wat sy motor daagliks aflê. Dié rekord toon dat sy motor twee keer sonder sy toestemming uit die bergingsplek verwyder is en na en van die lughawe bestuur is.

“Ek neem aan dat die bestuurder dié ritte gemaak het om iemand by die lughawe op of af te laai. My motor is ook verskeie kere by die bergingsplek van posisie verskuif.”

By verdere ondersoek het Van Heerden ook opgemerk dat sy motor oënskynlik vir lang tye op dieselfde plek gestaan en luier het en dat die verwarmer op sy hoogste gestel was.

Van Heerden voer ook aan dat sy motor gedurende die dag buite gestaan en nie onderdak by die bergingsperseel soos wat die maatskappy sy dienste adverteer nie.

“Ek wonder met hoeveel ander mense dit ook al gebeur het en met hoeveel dit nog gaan gebeur. Mense moet bewus gemaak word van hierdie swak diens,” sê Van Heerden, wat geweier het om vir die berging te betaal.

Ek wonder met hoeveel ander mense dit ook al gebeur het en met hoeveel dit nog gaan gebeur.

Phineas Simenya het Dinsdag namens O.R. Tambo Parking Services teenoor Netwerk24 erken dat die maatskappy nie na behore opgetree het nie.

“Alles wat die kliënt sê, is ongelukkig die waarheid. Die werknemer, wat al hierdie oortredings begaan het, is onmiddellik voor ’n tugverhoor gedaag en afgedank,” sê Simenya.

Die maatskappy het Van Heerden om verskoning gevra en gesê dat hy nie vir die berging van sy motor hoef te betaal nie.

“Dit is die eerste keer dat ons maatskappy sulke klagtes ontvang. Ons beskou dit in ’n baie ernstige lig en het dienooreenkomstig opgetree,” sê Simenya.

Meer oor:  Ford  |  O.R. Tambo-Lughawe  |  Poena Van Heerden  |  Phineas Simenya  |  Centurion  |  Motor  |  Parkeerdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.