Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Parktown-tragedie: Seuns Maandag vroeg huis toe

Die leerlinge van die Parktown Boys’ High School (PBHS) in Johannesburg het Maandag berading ontvang na die dood van Enock Mpianzi (13) wie se lyk Vrydag aan die oewer van die Krokodilrivier gekry is.

Enock het Woensdag in die rivier verdrink tydens die skool se gr. 8-kamp by die Nyati-oord buite Brits, Noordwes.

Hy het glo saam met maats deelgeneem aan ’n vlotbou-aktiwiteit en het glo nie ’n reddingsbaadjie aangehad nie.

’n Ma van die skool het Maandag aan Netwerk24 gesê beraders is by die skool om met die seuns te praat.

Enock Mpianzi, die seun van Parktown Boys’ High School wat Woensdag verdrink het.

Volgens haar is alle aktiwiteite by die skool Maandag opgeskort en sou die seuns om 12:00 huis toe gaan.

Die seuns het glo ook wit-en-swart strikkies gedra ter eerbetoon aan Enock.

Die Menseregtekommissie (MRK) het intussen gesê hulle sal Enock se ouers bystaan.

Jones het wel aan die nuuskanaal

eNCA gesê Enock se familie gaan regstappe doen.
parktown, Enock Mpianzi
Enock se lyk is Vrydagoggend gekry. Foto: Felix Dlangamandla

* Intussen is Keamohetswe Shaun Seboko (13), ’n gr. 7-leerling in die Laerskool Bekker in Magaliesburg, se lyk Woensdagmiddag in die skoolkoshuis se swembad gevind. Hy het vermoedelik ook verdrink.

Richard Spoor, bekende menseregteprokureur verduidelik dat instansies soos skole of lodges ondanks ondertekende vrywaringsvorms  steeds aanspreeklik gehou kan word.

Hy sê as enige van die partye nalatig was, sal die vorms ongeldig wees in die hof.

“Dit gaan daaroor of die ouers verstaan het watter risiko’s daar was toe hulle die vorms onderteken het, en of daar nalatigheid was," sê Spoor. Hy sê indien reddingsbaadjies ontbreek het toe die seuns by die rivier was, was dit nalatig.  

In Keamohetswe se geval sê Spoor as daar byvoorbeeld nie ’n voltydse lewensredder aan diens was nie, sal vrywaringsvorms ook nie in die hof geldig wees nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.