Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Parlement ‘al die pad agter die Bokke’

Die parlement het Sondag die Springbokke geloof vir hul oorwinning van 19-16 oor Wallis in die halfeindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi.

Mamagase Nchabeleng, voorsitter van die verkose komitee oor onderwys, tegnologie, sport, kuns en kultuur, sê die gees van eenheid wat die span op die veld getoon het, is soortgelyk aan die gees landwyd en dit bewys weer eens hoe die nasie verenig kan word.

“Ons manne het vandag (Sondag) volhard in ’n uiters moeilike wedstryd en ons is uiters trots op hulle. Ons staan al die pad agter die span,” sê Nchabeleng in ’n verklaring namens die komitee.

Die komitee het die span sterkte toegewens vir die eindstryd Saterdag teen Engeland.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.