Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Parlement kan nou sorg vir transformasie by US
Connie September

Die parlement kan nou transformasie en die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch (US) dryf sodat dit dié instelling se demografie kan weerspieël.

Dit volg nadat die Nasionale Vergadering (NV) gistermiddag talle verslae oor hoër onderrig en opleiding (HOO) en dié van ’n vroeëre oorsigbesoek aan die instelling deur die portefeuljekomitee oor HOO aanvaar het.

Die NV het met die aanvaarding van die verslae ook gehoor hoe die departement van HOO se benarde finan­siële posisie ’n donker prentjie vir die HOO-sektor skets.

Connie September, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor HOO, het gesê die ANC steun die verslae omdat dit die parlement nou in staat stel om belangrike besluite oor die sektor te kan neem.

Oor die verslag oor die oorsigbesoek aan die US het September gesê die aanvaarding van die verslag sal die parlement nou in staat stel om te verseker dat transformasie by die US geskied.

“Dit sal verseker dat die personeelkomponent en die behuisingsuitbreidings by die instelling ook voortaan die US se demografie weerspieël.

“Dit sal ook verseker dat die belangrike dialoog oor die taalbeleid, soos ons aanbeveel in die verslag, aangepak kan word.”

Volgens September sal die verslae ook die parlement help om aanbevelings in te stel oor die hersiening van die formules vir TVET-kolleges in die Wes-Kaap.

“Dit sal ook die parlement in staat stel om die situasie by universiteite te kan normaliseer.”

Ahmed Shaik Emam, NFP-LP, het gesê dit is ná die oorsigbesoek aan die US, “ook kommerwekkend dat 78% van akademiese personeel daar nog wit is”.

“Die meerderheid senior posisies daar word ook deur wit mense beklee. Die NFP doen ’n beroep dat die US ook sy taalbeleid prioritiseer,” het Shaik Emam gesê.

Intussen het prof. Belinda Bozzoli, DA-LP en woordvoerder oor HOO, gesê groot ontwikkelings by universiteite, sowel as die gemeenskapsopleidingsinisiatief, kan weens ’n gebrek aan geld nie voortgaan nie.

Meer oor:  Parlement  |  Us  |  Transformasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.