Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Parool vir Hewitt Vrydag heroorweeg

Die hersiening van die besluit om die veroordeelde verkragter Bob Hewitt (79) op parool vry te laat, begin Vrydag in Port Elizabeth.

Dit volg nadat sy slagoffers vertoë teen die besluit gerig het.

Die voormalige tennisspeler en -afrigter sou in September vrygelaat word nadat sy parool goedgekeur is.

Hewitt se slagoffers het aangevoer dat hulle nie deel van die proses was toe sy parool oorweeg is nie. ’n Week voordat Hewitt sy tasse kon pak, het Ronald Lamola, minister van justisie, vir ’n hersiening van die besluit aangevra.

Bob Hewitt Foto: Argief

Die slagoffers is tot die afgelope Maandag gegee om vertoë te rig oor die paroolraad se besluit om hom op parool vry te laat.

’n Prokureur vir twee van Hewitt se drie slagoffers, Tania Koen, sê sy het namens Olivia Jasriel en nog ’n vrou wie se identiteit nie bekend gemaak mag word nie, vertoë gerig. Volgens haar het Peter van Niekerk namens sy kliënt, Twiggy Tolken, die derde slagoffer, ook vertoë ingedien.

Koen sê hulle is Dinsdagoggend ingelig dat die hersieningsraad vir korrektiewe toesig en parool Vrydag die vertoë sal aanhoor.

“Dié proses is net om die paroolraad se besluit te bekragtig of om tot ’n ander besluit te kom,” sê Koen.

Sy meen dit is hoogs onwaarskynlik dat die paroolraad se besluit gehandhaaf sal word, aangesien daar nie vroeër aan die wettige aspekte voldoen is met die besluitnemingsproses nie.

“Indien die besluit geneem word om van voor af met die hele proses te begin, sal ons en ons kliënte op die meriete van die saak betoog teen sy parool.”

Volgens Koen voel haar twee kliënte positief oor die proses wat voorlê en hulle is dankbaar vir die minister se ingryping. “Hulle voel met die ingryping word hul belange in ag geneem. Hulle voel steeds baie sterk dat Bob Hewitt nie op parool vrygelaat moet word nie. Dit is ’n baie ernstige misdryf. Die slagoffers was jong kinders in daardie tyd en is nou volwassenes wie se lewe bykans geruïneer is.”

Hewitt het tot dusver drie van sy ses jaar tronkstraf uitgedien nadat hy in 2016 skuldig bevind is aan die verkragting van twee tienermeisies wat in die 1980’s afrigting by hom ontvang het. Hy is ook skuldig bevind aan die onsedelike aanranding van ’n derde meisie.

Meer oor:  Bob Hewitt  |  Parool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.