Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Politieke partye prys Suna

Politieke partye het Vrydag hul skok uitgespreek oor die skielike dood van die “beginselvaste en dapper” Suna Venter, een van die agt SAUK-joernaliste wat afgedank is nadat hulle uitgepraat het teen sekere aspekte van die redaksionele beleid by die openbare uitsaaier.

Venter (32) se lyk is Donderdagoggend in haar Johannesburgse woonstel aangetref. Sy is kort voor haar dood met stresgeïnduseerde kardiomiopatie gediagnoseer. Dié toestand veroorsaak die vervorming van die hart en word deur langdurige stres en trauma vererger. Daar word daarna verwys as die gebrokehart-sindroom.

Phumzile van Damme, DA-LP, het in reaksie op Venter se dood gesê sy gaan vra dat Fikile Mbalula, minister van polisie, na die parlement ontbied word om die jongste inligting te gee oor die polisie se ondersoek na die aanvalle op die SAUK-8.

“Dit is bykans ’n jaar sedert die SAUK-8 doodsdreigemente, aanrandings, huisbrake en baie ander sinistere intimidasietaktiek aangemeld het ná hul regsaksie teen die ondermyning van persvryheid deur Hlaudi Motsoeneng, voormalige SAUK-bedryfshoof, en sy aanhangers.

“Dit is verregaande dat geen enkele persoon tot op hede in hegtenis geneem of aanspreeklik gehou is vir dié aanvalle nie.

Wat sy moes deurmaak om haar saak te stel is skokkend en kom neer op teistering van die hoogste vlak. Die oorsprong hiervan kan net voor die deur van Hlaudi Motsoeneng se SAUK gelê word

“Diegene wat verantwoordelik is vir die uiterste vrees waaraan Venter onderwerp is, moet verantwoordelik gehou word en aan die pen ry. Dit kan nie wees dat ’n jong vrou ontvoer, aan ’n boom vasgemaak word en die gras rondom haar aan die brand gesteek word; dat sy in die gesig geskiet word en herhaaldelik geterroriseer word en niemand word aanspreeklik gehou nie,” het Van Damme gesê.

Adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, glo die gebeure by die SAUK verlede jaar het regstreeks tot Venter se stresverwante siekte en dood bygedra.

“Wat sy moes deurmaak om haar saak te stel is skokkend en kom neer op teistering van die hoogste vlak. Die oorsprong hiervan kan net voor die deur van Hlaudi Motsoeneng se SAUK gelê word,” lui sy verklaring.

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het Venter as ’n “dapper en professionele” vervaardiger beskryf. “Soos Solly Mapaila, ons eie tweede adjunk-sekretaris, wat agtervolg en dopgehou is, is Suna ook blootgestel aan ’n volgehoue veldtog van intimidasie, sabotasie en misbruik wat ongetwyfeld beveel en gefinansier is deur bronne wat in dieselfde vorm gegiet is.”

Die IVP het die media aangemoedig om die professionaliteit en beginsels wat Venter verdedig het, na te streef.

Meer oor:  Suna Venter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.