Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Partytjie op vasgekeerde skip gaan aan
Die passasiersboot MSC Orchestra is in die Tafelbaai-hawe vasgemeer. Foto: Jaco Marais

Die passasierskip MSC Orchestra sou moontlik Saterdagaand uit die Tafelbaai-hawe kan vaar nadat dit sedert Vrydag vasgekeer is.

’n Siedende Suidooster het verhoed dat die boot, met 3 200 mense aan boord, kan uitvaar om met ’n spesiale Bok Radio-vaart te begin.

'n Passasier het 'n video op Facebook gedeel van hoe die wind op die skip waai.

Teen Saterdagmiddag het die wind nog teen sowat 50 km/h gewaai, maar die verwagting is dat die wind later genoegsaam sal bedaar vir die vaart om te begin.

“Die goeie nuus is dat daar moontlik ’n kans vir ons kan wees om vanaand uit te vaar. Hulle kyk na tussen 22:00 en 02:00,” het Wimpie van der Sandt, uitvoerende hoof van dié radiostasie, Saterdag gesê.

Aanvanklik sou die boot Vrydag na Walvisbaai vertrek, maar weens die vertraging sal hulle nou net na Lüderitz kan mik.

“Ons moet weer Dinsdagoggend terug wees, so daarom kan ons Walvisbaai nie meer besoek nie.”

Hoewel die boot in die hawe vasgekeer is, het dit nie gekeer dat die partytjie voortgaan nie.

Verskeie kunstenaars, wat insluit Steve Hofmeyr, Fatman, Liezel Pieters Page, Juan Boucher, Jan Blohm, Wikus van der Merwe en Jakkie Louw, is op die boot en gaan voort met hul konserte.

“Die partytjie is nog groot. Die mense geniet dit, niemand kla sover nie.

“En dit is eintlik beter om hier (in die hawe) te lê, as om op die rowwe see te wees.”

Twee sleepbote word ingespan om die boot in die hawe te stabiliseer.

msc orchestra, facebook
'n Facebook-inskrywing deur een van die passasiers aan boord. Foto: Facebook/Friends of MSC

Meer oor:  Kaapstad  |  Msc Orchestra  |  Bok Radio  |  Wind  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.