Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Parys 3de nag sonder krag

Inwoners van Parys sal ’n derde ysige Vrystaatse nag sonder krag moet trotseer.

Steve Naale, woordvoerder van die Ngwathe-munisipaliteit, het Dinsdagaand gesê ’n substasie het ontplof en begin brand.

Werkers van Eskom en die munisipaliteit moes weens die brand tot Woensdagoggend wag voordat hulle die omvang van die skade kon vasstel.

Daar is aanvanklik gesê die substasie sou teen Donderdag herstel word.

Eskom het Donderdagmiddag in ’n mediaverklaring gesê dit sal nog 24 uur duur voordat die kragtoevoer na die dorp herstel sal wees.

Eskom sê nog onderdele was nodig wat eers aangekoop moes word en dat dit nog die hele Vrydag sal duur voordat die substasie herstel is.

Waterverskaffing word ook geraak omdat die dorp se suiweringsaanleg ook nie krag het nie. Die munisipaliteit ry water met tenkwaens aan.

Meer oor:  Parys  |  Kragonderbreking  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.