SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Parys hou volgende jaar weer blommefees, sê premier
Van die deelnemers aan die blommefees in Parys. Foto: Alet van der Walt

Die eerste Vrystaatse blommefees in Parys was so suksesvol dat dié geleentheid beslis weer volgende jaar aangebied sal word, sê die premier van die Vrystaat, Ace Magashule.

Magashule het in ’n mediaverklaring gesê met ongeveer 130 000 blomme, vyf sierwaens en honderde dansers is ’n hoë standaard gestel vir volgende jaar se fees.

Magashule sê bykans 50 000 mense het die fees op 12 November bygewoon.

Die fees is in samewerking met die Portugese eiland Madeira aangebied en is geskoei op ’n blommefees wat jaarliks op dié eiland aangebied word. Miguel Albuquerque, president van Madeira, was baie beïndruk deur die groot skare, sê Magashule.

Albuquerque sê Madeira sal beslis volgende jaar weer ’n vennoot van die Vrystaatse regering wees as die geleentheid aangebied word.

Magashule sê van kinders tot ouer mense het beïndruk deur die dansbewegings wat hulle tydens die optog uitgevoer het.

’n Konferensie om handelsgeleenthede in die uitvoermark vir blomme te ondersoek, is ook gehou.

Inwoners en besoekers was meestal beïndruk met die sierwaens en dansers, maar het op Facebook-blaaie gesê hulle is net teleurgesteld omdat nie meer gedoen is om plaaslike mense by die skouspel te betrek nie.

Parys is die tuisdorp van die Vrystaatse premier.

Meer oor:  Parys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.