Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Parys, Vrystaat: Trok eindig tussen antieke ware

Dit was net ná 01:00 Vrydag toe ’n vragmotorbestuurder die R59 in Parys byster raak en in die hoek van ’n antiekwinkel vasploeg.

Gideon Pienaar van Pine’s Antiques sê in die bykans 50 jaar sedert sy oupa die winkel geopen het, is dit die eerste keer dat so iets hulle tref.

Pine’s Antiques is geleë op ’n skerp hoek in Breëstraat, soos die R59 bekend staan waar dit deur die dorp loop.

Pienaar sê die vragmotor het uit Sasolburg se rigting gekom en om die een of ander rede “die slap draai na links” gesny en die hoek van die winkel getref.

Gewoonlik maak padgebruikers uit die ander rigting die fout en tref dan winkels oorkant die pad, sê hy.

Die hoek is nou ’n gapende gat, maar Pienaar sê daar is gelukkig nie baie ander skade nie. Die gebou het ’n staalstruktuur en hy glo nie daar is verdere strukturele skade nie.

Hulle het waardevolle artikels uit die winkel verwyder en ’n veiligheidswag pas die winkel sedert die ongeluk op.

Personeel was reeds Vrydagoggend besig om opruimingswerk te doen.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die vragmotorbestuurder is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Só lyk die vooraansig van Pine's Antiques nadat ’n vragmotor dit Vrydagoggend getref het. Foto: Liezl Scheepers, Parys Gazette
Pine's Antiques in Breëstraat, Parys, nadat ’n vragmotor Vrydag in die vroeë oggendure daarin vasgeploeg het. Foto: Liezl Scheepers, Parys Gazette
Pine’s Antiques is op ’n skerp hoek in Breëstraat, Parys, geleë. Foto: Gideon Pienaar
Die vragmotor op die toneel waar dit Pine’s Antiques getref het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Parys  |  Vrystaat  |  Winkel  |  Vragmotor  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.